Projekte

Die Gilde wil van tyd tot tyd ‘n projek loods om inligting te konsolideer omtrent ‘n geskiedkundige gebeurtenis, aktiwiteit of insident. Wanneer dit kom by minder bekende gebeurtenisse, is die feite skaars of in klein brokkies gefragmenteerde paragrawe te vinde in baie verskillende dokumente of boeke. Sodra ‘n onderwerp geïdentifiseer word, wil die Gilde poog om die inligting bymekaar te kry en te publiseer vir bewaring in die plaaslike museum. Hou gerus hierdie spasie dop en indien iemand inligting kan verskaf oor ‘n projek sal dit baie waardeer word.

SA-Geskiedenis Dagboek

Hierdie SA-Geskiedenis Dagboek word maandeliks bygewerk met die bydraes wat lede by die Gilde se byeenkomste voorlê.


Joodse Begraafplaas / Jewish Cemetery

Die Joodse Begraafplaas in Robertson word goed onderhou en die hele begraafplaas is onlangs gedokumenteer. Die diagram wat die graf posisie, naam en sterf datum van persone aandui, kan hieronder afgelaai word. Die toegangshek na die begraafplaas is gesluit en sou toegang verlang word, kontak asb. die Robertson Museum by 023 626 3681, Maandag tot Saterdag tussen 09:00 en 12:00. Alternatiewelik kan Rabbi Stuart Serwator gekontak word by 021 762 2886 of 073 599 9111.

The Robertson Jewish Cemetery is well maintained and was recently documented. The diagram showing grave position, name and death date of persons can be downloaded below. The entrance gate to the cemetery is locked and should access be required, please contact the Robertson Museum at 023 626 3681, Mondays to Saturdays between 09:00 and 12:00. Alternatively, Rabbi Stuart Serwator could be contacted on 021 762 2886 or 073 599 9111.

The Robertson Hebrew Congregation, established in 1896, in that year consecrated the land for this cemetery, and built the Synagogue (38 Adderley Street) and the Mikvah (ritual pool) (54 Victoria Street - note the two roofs, the taller of which housed the mikvah). In 1927, 36 Adderley Street was acquired as the Rabbi’s residence and Communal Hall and served as such until the 1960s. The Robertson Hebrew School operated from the Mikvah building until the 1960s. It was sold and extended into a domestic house, since when it has been privately owned. The Robertson Hebrew School was revived in 1996 by the Cape Board of Jewish Education. It functioned in the Synagogue until 1999, during which time the teacher was Rabbi Stuart Serwator. The Robertson Hebrew Congregation closed down in 2009, when it sold the Synagogue, Rabbi’s residence and Communal Hall. Part of the proceeds of the sale of these properties was donated to the Robertson Museum. A trust fund was created for the remainder, administered by the Cape South African Jewish Board of Deputies’ Country Communities’ Dept, which maintains the cemetery.



Wamakery in Robertson

‘n Bedryf wat vroeg opgang gemaak het,‐ was die wamakery. Die ontdekking van diamante in Griekwaland Wes en van goud aan die Witwatersrand het 'n gunstige uitwerking op Robertson gehad. Na beweer word, het meer as die helfte van die dorp se mansmense hulle daarna gaan toelê op kar‐ en wamakery, en omtrent 'n kwart van die inwoners op togry. Wamakery word spoedig 'n baie belangrike nywerheid ‐ trouens, Robertson het een van die vernaamste dorpe op hierdie gebied geword. Onder die bekendste wamakers was Philip Fouche wat die wa van President Kruger vervaardig het, William Sagar, Jan Neethling, Dan. en Dirk During, Willem en Abraham Cilliers, Pieter de Wet, Willem van As, Louis Burger, Piet en Jan van Graan en ander. Die togryers het die waens opgekoop en dan teen groot wins in die Vrystaat en die Suid‐Afrikaanse Republiek gaan verkoop. Dit was geen ongewone gesig nie om 'n konvooi van vyftien tot twintig waens belaai met gedroogte vrugte, rosyntjies, amandels, asyn, moskonfyt, wyn, brandewyn op tog na die: onderveld te sien vertrek. Die wamakers het welvarend geword, en die togryers, na beweer word, nag gouer as die wamakers. Twee faktore was oorsaak dat die wamakery later agteruitgegaan en uiteindelik heeltemal verdwyn bet: die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog en die feit dat die bedryf later na die Paarl verhuis bet waar meer moderne masjinerie in gebruik geneem is.

Uitreksel op bl. 133 van die boek "Robertson 1853 - 1953" deur AH Tromp