Baie welkom by die amptelike Afrikaanse webblad van die SA-Geskiedenis Gilde, Robertson. Die Gilde was gestig in Februarie 2017 deur ’n groep gewone mense met ’n passie vir die geskiedenis. Ons fokus is slegs op Suid-Afrikaanse geskiedenis en baie belangrik, die ryke geskiedenis van Robertson en onmiddellike omgewing.
Byeenkomste word maandeliks gehou by die plaaslike museum. Lede kry die geleentheid om ’n voorlegging te doen oor ’n onderwerp van sy/haar keuse. ’n Voorlesing word óók gedoen oor ’n brokkie geskiedenis met betrekking tot Robertson. Verlede jaar was die Gilde baie bevoorreg om besoek te word deur Professor Hermann Giliomee, bekende historikus en skrywer. Hy het sy outobiografie bekendgestel met ’n praatjie getiteld “Getuie van Groot Tye – ’n Historikus kyk na ons eie tyd.”

Gilde lede, gades en vriende besoek die Wederom Boetiek Wynkelder: 28 November 2020

Gilde lede en gades besoek die Danie le Roux Museum op Bonnievale: 16 November 2019

Dave Pepler besoek die Gilde op 15 Augustus 2019

Prof. Hermann Giliomee besoek die Gilde op 23 November 2017
